In the media

DRDGOLD se wins klim 25%, dividend verklaar

[Sake24] -- DRDGOLD se wins het met 25% gestyg in die afgelope kwartaal en die groep het sy eerste tussentydse dividend verklaar, danksy hoër goudpryse en uitset.

DRDGOLD se wins het met 25% gestyg in die afgelope kwartaal en die groep het sy eerste tussentydse dividend verklaar, danksy hoër goudpryse en uitset.

Sy wesensverdienste het 25c per aandeel beloop in die drie maande tot einde Desember, vergeleke met 20c in die vorige kwartaal.

Die groep se gouduitset het met 9% geklim en die gemiddelde goudprys in die kwartaal was 7% hoër.

DRDGOLD se hoof, Niël Pretorius, het voorheen sy maatskappy beskryf as ’n "goudaanleg" eerder as "goudmyn". Die groep het besluit om vier van sy vyf eksplorasie-bates in Zimbabwe te verkoop omdat dit nie strook met sy strategie om bedrywighede bogronds te hou nie. Die groep ondersoek egter steeds die moontlikheid om goudherwinningsbedrywighede daar van stapel te stuur.

DRDGOLD gaan ’n tussentydse dividend van 14c per aandeel betaal – die eerste keer dat die groep ’n tussentydse dividend gaan verklaar.

DRDGOLD se aandeelprys het tot dusver vanjaar met meer as 13% geklim, vergeleke met ’n verlies in die JSE se goudindeks, wat 3,3% verloor het.

Sy aandeelprys het Dinsdagoggend teen 09:30 met 5c geklim tot R7,49.

COOKIES: This site uses cookies to enhance your website experience. See our privacy policy for further details.